Noord-Kaap Gesondheid beplan om dienste te versterk

 Noord-Kaap Gesondheid beplan om dienste te versterk

https://www.pa.org.za/person/maruping-matthews-lekwene/

Na ‘n reeks uitgebreide konsultasies met sleutelbelanghebbendes in die gesondheid die afgelope week, het die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap onmiddellike oplossings aangevra om gesondheidsdienste in die provinsie te versterk.

Dit is volgens die woordvoerder van die departement, Lebogang Majaha.

Hy het gesê dat die implementeringsplan waarop ooreengekom is, onder meer die onmiddellike aanstelling van 16 sessieverpleegkundiges insluit, asook die spoedige aanstelling van 30 permanente verpleegsters en 4 mediese beamptes.

Die departement het verder ‘n intervensiespan van die Provinsiale Gesondheidskantoor aangewys om Frances Baard Distriksgesondheidsdienste, insluitend Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal, te ondersteun met die instel van bykomende stelsels om dienslewering te bespoedig.

Intussen het die LUR vir Gesondheid in die Noord-Kaap, Maruping Lekwene, gesinspeel dat “Gesondheidswerkers die kosbaarste en waardevolste bate van die gesondheidstelsel is.”

Hy het verder gesê dat die departement hul beste strategie ontwikkel het om die vlak van gesondheidsorg te bevorder.

Bernadine Hearn

Related post