Vrou vasgekeer vir dwelms op Kimberley

 Vrou vasgekeer vir dwelms op Kimberley

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

n 29-jarige vrou is op 09 Mei 2022 deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan in hegtenis geneem vir die besit van dwelms ter waarde van ongeveer R140 000.

Die polisie het inligting ontvang van ‘n aflewering van dagga van Johannesburg na Kimberley en die inligting was onmiddellik opgevolg.

“Die lede het ‘n geïdentifiseerde minibis-taxi deursoek en dagga met ‘n gewig van 2,80 kg is in ‘n reissak gevind. Tydens ondervraging van die verdagte is vasgestel dat die verdagte onwettig in die land is,” het valkewoordvoerder, kaptein Tebogo Thebe gesê.

Sy is verder aangekla van oortreding van die Immigrasiewet.

Daar is beslag gelê op die dwelms vir verdere ondersoek.

Thebe het gesê dat die verdagte na verwagting Woensdag, 11 Mei 2022 in die Kimberley-landdroshof sal verskyn.

Bernadine Hearn

Related post