Die 2023 Aanlyn Leerdertoelatings het op ‘n hoë noot in die Noord-Kaap begin.

Die Aanlyntoelatingstelsel het op Maandag, 23 Mei 2022 geopen en ‘n totaal van 7 444 aansoeke is op die eerste dag ontvang.

Die verdeling per distrik is soos volg:

Frances Baard-distrik – 4 469

John Taolo Gaetsewe-distrik – 1 480

Namakwa-distrik – 110

Pixley Ka Seme- 238

ZF Mgcawu Distrik- 114

“Die Departement verwelkom die verbintenis deur ouers/wettige voogde om hul kinders vroegtydig vir die begin van die 2023 akademiese jaar in te skryf. Ons het 128 instapsentrums regoor die provinsie gevestig, wat gereed is om ouers by te staan, veral in afgelee gebiede waar verbindingsuitdagings ervaar word” het Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord Kaapse departement van onderwys gesê.

Vir verdere inligting besoek die NCDoE se webwerf by http://ncdoe.ncpg.gov.za

Kontak asseblief die inbelsentrums by:

• 053 874 7012/64

• 053 874 7161/89

• 053 874 7239/92

Verder doen die departement ‘n beroep op alle ouers/wettige voogde om te hou by die vasgestelde tydsraamwerk vir aansoek om toelating van leerders vir die 2023 skool akademiese jaar wat strek vanaf 23 Mei 2022 en sal op 20 Junie 2022 sluit.

Written by: