Saak teen vermeende Noord-Kapenaar  moordenaar uitgestel.

 Saak teen vermeende Noord-Kapenaar  moordenaar uitgestel.

https://s3.us-west-2.amazonaws.com/cobbcounty.org.if-us-west-2/prod/s3fs-public/styles/thumbnail_263x194/public/2018-07/Court-Gavel-Thumb.jpg?itok=c2UcIq5k

Die saak teen die 34-jarige Sandile Vaalbooi wat daarvan beskuldig word dat hy drie van sy familielede in Barkley-Wes in die Noord-Kaap vermoor het, is uitgestel.

Dit is om die Direkteur van Openbare Vervolging in staat te stel om ‘n besluit te neem oor ‘n geskikte hof vir sy verhoor om te begin.

Vaalbooi word daarvan aangekla dat hy sy 66-jarige en 45-jarige ooms, asook sy 54-jarige lewensmaat vermoor het.

Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Kaap, Mojalefa Senokoatsane, verduidelik: “Sandile Vaalbooi het vlugtig in die Barkley-Wes-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord.”

“Die saak is tot 27 Junie 2022 uitgestel vir ‘n beslissing van die NDOV (Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging). Daardie besluit sal rigting aandui aan die hof wat geskik sal wees vir die verhoor van die beskuldigde. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning.”

Bernadine Hearn

Related post