’n 40-Jarige man is lewenslange tronkstraf opgelê omdat hy sy vierjarige niggie in Postmasburg verkrag het terwyl die kind se ma by die werk was.

Die voorval het op 7 Oktober 2022 plaasgevind, terwyl die meisie in die sorg van haar oom was.

Luitenant-kolonel Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, sê die voorval is by die polisie aangemeld en die oom is op 9 Oktober 2022 in hegtenis geneem.

“Die beskuldigde is deur die Postmasburg-streekhof skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Sy naam is ook in die nasionale register vir seksuele oortreders opgeneem,” het Kock gesê.

Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die ondersoekbeampte, speursersant DG Mongake van die Postmasburg-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, geloof vir sy deeglike ondersoek van die saak.

Otola het herhaal dat die polisie daartoe verbind is om die mees kwesbare burgers van die samelewing te beskerm.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *