NK Gesondheidsdepartement hou opvolg strategiese verbintenis wat fokus op geestesgesondheidsdienste

 NK Gesondheidsdepartement hou opvolg strategiese verbintenis wat fokus op geestesgesondheidsdienste

Gister het die Provinsiale Gesondheidsdepartement ‘n opvolg strategiese verbintenis begin wat fokus op geestesgesondheidsdienste in die Noord-Kaap.

Die vergadering is by Dr Harry Surtie-hospitaal in Upington gehou en bygewoon deur onder andere, die LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene; waarnemende hoof van die departement, Riaan Strydom, en hospitaal bestuur en senior amptenare in die departement.

Die bedoeling van die departement is om nakoming te verseker in die lewering van gedesentraliseerde geestesgesondheidsorgdienste wat die Provinsiale Gespesialiseerde Geestesgesondheidshospitaal komplimenteer.

Alle distrikte is daarop ingestel om hul implementeringsplanne te ontwikkel in ooreenstemming met die departement se provinsiale geestesgesondheidstrategie.

Dit vorm deel van LUR Lekwene se verbintenis om geestesgesondheidsdienste te versterk en te verseker dat dit doeltreffend en omsigtig in die provinsie funksioneer.

Die LUR het sy dag afgesluit met ‘n besoek aan die 72 uur-geesteswaarnemingseenheid by Dr Harry Surtie-hospitaal.

Courtney Saal

Related post