Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die Roodepan polisie het die nuwe skoolkwartaal afgeskop met ‘n bewusmakingsveldtog by ‘n hoërskool op die dorp.

Luitenant-kolonel Lefu Lebakeng het sowat 800 hoërskoolleerders oor twee dae toegespreek, en die belangrikheid van geestelike misdaadvoorkoming beklemtoon.

Die Roodepan SAPD het ‘n vennootskap aangegaan met die Prophetic Generation wat en die motiveringspreker, Denzil Kock, het die skoliere aangemoedig om weg te bly van bende-bedrywighede, dwelms en ander sosiale euwels wat tans in Roodepan en omliggende gebiede voorkom.

“‘n Gemeenskapsgebedsoptog en ander aktiwiteite sal vandag op Roodepan gehou word, om morele wedergeboorte verder aan te spreek en die jeug in die omgewing op te hef,” het Lt Kol Sergio Kock, woorvoerder vir die polisie gesê.

Bernadine Hearn

Related post