Man agter tralies met DNS uitslae

 Man agter tralies met DNS uitslae

Foto: Verskaf Adjudant-offisier Japie Nortje van die Hartswater

Die Noord Kaapse polisie verwelkom die vonnisoplegging van 35-jaar wat aan ‘n man vir verkragting, roof en huisbraak op Hartswater opgelê is.

Op 18 Julie 2017 was ‘n 15-jarige tienerdogter alleen by die huis toe die verdagte by die huis ingebreek.

“Die man het die meisiekind met ‘n mes gedreig en haar daarna verkrag,” vertel het Luitenant-kolonel Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie.

Die man het twee selfone geweldadig afgevat en van die toneel gevlug.

“Die polisie het inligting opgevolg en die verbintenis met DNS opgetel nadat bewyse op die toneel ingesamel is,” Kock gesê.

Die polisie het borgtog teengestaan en die beskuldigde het in aanhouding gebly tot sy vonnisoplegging op 6 April 2022 in die Hartswater-streekhof.

Bernadine Hearn

Related post