Baba Nova, woonagtig op Aggeneys, was op ses maande gediagnoseer met ‘n spinale maskulêre atrofie tipe een, wat basies ‘n spiersiekte is.
Jaarliks word daar 100 dosisse medikasie aan kinders toegedien wat aan die tipe spiersiekte lei.
Nova se naam was op 14 September 2022 getrek as een van die kinders wat die spesiale medikasie kon ontvang wat R32 miljoen kos.
Op herdie selfde dag het haar ouers agter gekom dat sy slyme op haar bors het en dat dit “okay” was want hulle was op pad Kaap toe.
Die rede daarvoor is dat daar bloedtoetse op haar gedoen moet word en dan kon die dokters haar ondersoek, want volgens haar ouers was dit nie so erg nie.
“Ons kom die aand in die Kaap en ek besluit om maar sommer na die emergency department te gaan want Nova het op die pad vir my warm gevoel. Toe ons daar kom is dit ‘n malhuis van kinders wat inkom met asemhalingsprobleme as gevolg van slym op die bors. Hulle het haar dadelik opgeneem en ek het na my ouers gery om te gaan rus,” het Clement de Wet, pa van Nova gesê.
Die volgende dag wat hy by haar opdaag het hy verstaan dat sy baie siek is en maak toe melding dat sy die vorige dag okay was.
Die dokters het aan die ouers gesê dat hulle niks vir hul dogter kan doen nie en dat haar immuunstelsel self die virus moet beveg.
Hulle moes die realiteit in die gesig staar dat dit kan vererger en moes ‘n besluit neem of hulle haar op ‘n ventilator gaan sit en kinders met SMA kom nie weer van dit af nie.
“Dit is die werklikheid daarvan wat die hardste hou was en ons besluit toe nee, ons gaan dit nie doen nie want die Here was nog heeltyd met ons. Hy sal ons weereens bewys hoekom hy die Almagtige is en na 3 harde weke in ICU word Nova ontslaan,” het Clement gesê.
Intussen was baba Nova se ouers by die huis wagtend op instruksies van die dokters oor wanneer Nova haar lang verwagte medisyne van R32 miljoen gaan ontvang.
Desember het aangebreek en hulle moes geduldig wag, want daar moes baie goed in plek wees, en die dokters moes ook opleiding ontvang.
Rede daarvoor is omdat Nova die eerste baba in Afrika gaan wees wat dit gaan ontvang.
Op14 Desember was hulle by Rooi Kruis Kinder Hospitaal, waarvan Nova ‘n straightforward procedure ontvang het.
Sy het haar medikasie deur ‘n drip ontvang wat ‘n uur geduur het.
Sy het oornag vir observasie gebly en was daarna oorgeplaas na die Constantiaberg Mediclinic vir nog ‘n dag.
Uiteindelik kon hulle met haar huis toe gaan, maar moes nog vir 2 maande in die Kaap bly, want sy moet elke week bloedtoetse ondergaan en dit was die beste opsie vir as iets gebeur of sy siek raak.
Die gesin was Kersfees en Nuwe jaar in die Kaap in isolasie om enige kanse van infeksies en virusse te elimineer.
Na ‘n maand het die skole heropen en Clement en sy oudste dogter moes huis toe, want sy moes haar nuwe skooljaar begin.
Vir hom was dit moeilik om sy vrou en Nova agter te los, wat gelukkig vinnig aan beweeg het en sy ouers het gereeld by hulle ingeloer.
In Februarie 2023 kan Nova vir die eerste keer huistoe gaan en sy is baie bly om in haar safe space en by die huis te wees.
Sy is baie bly om die honde, haar hamster en die voël, wat sy lief is om dop te hou, te kon sien.
Sy is lief vir diere.
