Die vordering in terme van Nova se spiere om dit weer sterk te maak is stadig, maar daar is wel vordering.
Nova gesels al hoe meer en is weer haar ou self en die happy baba wat sy is.
“Met die verandering van seisoene word Hayleigh siek, sy het ‘n erge hoes met slym op haar bors en al hoe meer gevalle word op Aggeneys aangemeld en ek word ook siek met ‘n hoë temperatuur en bors wat toe trek.”
“‘n Dag daarna neem ons waar dat Nova ook simptome toon en op daardie tydstip was ek in die Kaap om ‘n dokter te sien oor my bors. Ek het laat die dokters Nova evalueer om ‘n diagnose te maak van hoe ernstig haar geval kan wees,” het Clement gesê.
“Gelukkig was dit nie te erg nie, maar die spesifieke dag kry sy ‘n terugslag met slyme op haar bors. Sy moet per vliegtuig Kaap toe gevlieg word want dinge lyk sleg, waarvan sy drie weke daar moes bly, totdat sy ontslaan was, “ vertel Clement verder.
Die volgende dag het hy gereed gemaak om sy familie in die Kaap te gaan haal, en het ‘n oproep vanaf sy vrou gekry dat hy haar dringend moet bel.
“Met die oproep kry Charene net ‘n paar woorde gesê en sê net aan my dat ek moet kom. Ek is dadelik huistoe en kry vir Hayleigh en ons moet vir die 2de keer in 3 weke deur die nag Kaap toe ry. Nova het opgehou asemhaal en haar hart het gaan staan. Sy was dood,” het Clement verder vertel.
Die Here bly die Here en Hy sê nee.
Nova kom vinnig by en al die dokters is bly en die familie toon hul dankbaarheid teenoor die Here vir sy genade hand oor haar lewe.
Toe hy by haar opdaag was dit asof sy niks oorgekom het, en sy sê “Dadda Dadda” heeldag en lag, want dit is asof sy wete dat sy amper huistoe gaan.
Die dokters dink ‘n slym plug het op die verkeerde plek gaan vassit en sy was te swak om dit uit te hoes en dit het ‘n blokasie veroorsaak, maar die dokters kon dit nie 100 % bevestig nie.
Alles het binne minute gebeur met geen permanente skade nie.
Op 2 Junie was sy ontslaan en net betyds vir haar 2de verjaardag op die 3de Junie.
Met aankoms van my skoonfamilie het hulle Nova se dag ekstra spesiaal gemaak, alhoewel hulle maskers op gehad het, en haar van ‘n afstand dop gehou het.
“Om te dink die dokters het gesê ‘n life expectancy van 2 jaar en ons celebrate haar 2de verjaardag, want die Here het besluit nee Nova is sy bewys van wat Hy kan doen. Vandag het Nova haar meds en sy word sterker en ons is dankbaar.”
Sy is tuis by die huis en weet duidelik waardeur sy gegaan het nie, maar is ‘n baie gelukkige baba, wat heeldag gesels en sing.
Heeldag wil sy luister na Rjay en LK, buite sit en voëls dophoe en apies op die TV kyk.
Huidiglik sukkel die ouers met Discovery om vir Nova ‘n rolstoel te kry, wat dit makliker vir haar kan maak.
Die fondse wat ingesamel was, wil die ouers gebruik om die medical aid, advisor, en dokters dink dat hulle Discovery moet druk en media toe vat.
Nova word by die dag sterker, maar oefening is nodig en haar ouers is geduldig met haar.
“Ons pad is nog nie gelyk nie en dis ‘n baie lang proses maar ons is dankbaar vir wat ons al kan sien wat die Here in haar lewe doen. Elke dag met haar is ’n seën. Nova dink ek is ‘n inspirasie vir baie mense want wat so ‘n klein lyfie al moes deurmaak is net ‘n wonderwerk.”
