As deel van die versterking van samewerkende pogings en multi-dissiplinêre opleidingsbenadering om gesondheidswerkers te bemagtig om kwaliteit gesondheidsdiens in die provinsie te lewer, het die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, mnr Maruping Lekwene het ‘n vergadering met die leierskap van die Suid-Afrikaanse Raad van Verpleging (SARV) belê en gesels oor die heraanbieding van verpleegprogramme by die Henrietta Stockdale Verpleegkollege.
LUR Lekwene was vergesel deur die Departementshoof, dr. Dion Theys; Ministeriehoof, me. Lorato Moleleki en Henrietta Stockdale Verpleegkollege se hoof, dr. Appolus.
Na uitgebreide beraadslagings het die leierskapkollektief besluit om nou saam te werk om alle struikelblokke wat die verpleegkollege in die gesig staar, aan te spreek (soos vervat in die verbeteringsplan).
Die Henrietta Stockdale Verpleegkollege is geakkrediteer vir ‘n inname van verpleegstudente volgende jaar.
Die Henrietta Stockdale Verpleegkollege is geakkrediteer vir ‘n inname van verpleegstudente volgende jaar.
Meer besonderhede hieroor sal mettertyd gedeel word.











