Die Namakwa Ekonomiese Sone het Donderdag, 10 Augutus 2023, op Pofadder in die Khai Ma munisipaliteit plaasgevind.
Die gemeenskap was deel van die interaksie om hul stem te laat hoor.
Die speaker van die Khai Ma munisiplaiteit, mnr. Johnny Bock, was opgewonde met die aankondiging van die ontwikkeling wat gaan kom na die streek, wat dus vooruitgang vir die streek is.
“Vele besighede kan floreer en gemeenskappe kan baat daaruit vind. Die wettige roete was gevolg wat daartoe gelei het dat die regering dit goedgekeur het,” het Bock gesê.
Die hoof direkteur van die departement handel industrie, mededinging en kompetisie het genoem dat dit n lang reis was omte kom tot waar hulle nou is.
Die belangrikste was die byeenkoms met die gemeenskap om terugvoering te ontvang.
“Vorige ontwikkeling was dalk nie tot voordeel van die gemeenskap nie. Provinsiale regering het gesê, laat ons die mense aanboord kry,” het hy gesê.
Hendrik Louw, hoof uitvoerende bemapte van Nceda, het gesê dat die Noord-Kaap 33% van Suid-Afrika se grondmassa het.
In sy voorlegging het hy genoem dat hulle visie is om die katalisator vir Ekonomiese groei en integrasie regdeur die Wes-SAOG te wees.





