Baie vroue in die Namakwa distrik het as heldinne gesterf en tòg word daar nie genoeg melding van die vroue gemaak nie.
Een van die vroue is die ontslape Daphnè Markus van Steinkopf, wat baanbreker-werk gedoen het in die gemeenskap.
Sy was ‘n sterk en goeie vrou, en was ten alle tye gereed om te veg vir reg en regtigheid.
Dit het sy gedoen op 09 Augustus 2019, toe vroue in die gemeenskap en werksplekke in Steinkopf nog soos voor 1994 sleg behandel was, deur ‘n bestuurder wat geen respek vir vroue gehad het nie.
In die Covid-19 tyd het niks wyle Markus van stryk afgebring nie, die bestuurder se kop moes waai en hy moes loop.
Die Springbok CCCU van destyds en die plaaslike Suid- Afrikaanse Polisiediens Steinkopf was teenwoordig maar niks het haar gestop nie.
Vandag spog die twee tehuise, Huis Emmanuel Sentrum en Huis EJ Appies, op diè dorp met ‘n bestuurder wat vroue kom bemagtig het in die werksplek, verskeie opleidings laat aanbied het en ook salarisse kom aangepas het.
Die organisasie het Wyle Daphnè vereer vir haar stigtig van die Top 5 en ook die bevryding van vroue in die werksplek.
Die bestuur van Top 5-Division en verskeie NGO’s in die gemeenskap van Steinkopf het ‘n Top 5 -Ikoon gedenk-sertifikaat aan haar dogter oorhandig.
Haar optrede vir reg en regtigheid sal altyd die mikpunt van die organisasie wees.
Rus sag me. Markus jy sal altyd onthou word.


