Mmamoloko Kubayi, die nasionale minister van menslike nedersettings, het die opdraande stryd beklemtoon wat vroue-entrepreneurs ondervind, wanneer hulle hul besighede begin of laat groei.

Kubayi het gepraat by ‘n vroue-indaba in menslike nedersettings wat op hierdie naweek in Kimberley gehou was.

Sy het gesê dat die uitdagings ‘n gebrek aan toegang tot finansies, geslagsvooroordeel, geslagsdiskriminasie en ‘n gebrek aan onderwys en opleiding insluit.

“Vroue moet ook die verwagting teenstaan dat hulle die enigste lede van die huishouding is wat werk en gesinslewe moet balanseer – dikwels tot hul nadeel.

Vroue is nie in staat om by die ondersteuningsnetwerke in te breek wat hul begrip en doelwitte deel nie,” het die minister beklemtoon.

“Gesamentlik het hierdie uitdagings vroue in ‘n benadeelde ekonomiese status geplaas. Die rol van vroue in ekonomiese transformasie moet gesentreer wees om hierdie hindernisse te verbreek”, het sy gesê.

Kubayi het bygevoeg dat provinsies veronderstel is om 40 persent van beskikbare toelaes toe te ken vir verkryging vir vroue, wat neerkom op R11 miljard.

“Daar is provinsies wat hierdie beleidsvoorskrif goed implementeer en ander loop steeds agter. Ons sal ‘n taakspan saamstel om mee te werk en teen Maart 2024 verslag te doen oor waar die geld bestee word. Vroue in elke subsektor moet genomineer word om deel van die taakspan te wees, en daar sal van alle provinsies verwag word om terug te rapporteer aan die ministeriële vergadering met lede van uitvoerende komitees (MinMec)”, het die Minister laat hoor.

Sy het gesê dat vyf persent van die Vennootskaptoelae vir die Opgradering van Informele Nedersettings gerig sal wees op die herposisionering van diggeboude informele nedersettings in groepe, in plaas van die huidige geïmproviseerde volgorde van hierdie steeds groeiende nedersettings.

“Hierdie hulpbronne sal help om paaie oop te maak vir noodvoertuie en ander dienste, insluitend die voorsiening van water, elektrisiteit en riool. Die herblokkering sal rampintervensies in staat stel om rampspoedige brandnoodgevalle in provinsies en munisipaliteite proaktief te hanteer, wat dikwels tot lewensverlies en die algehele vernietiging van eiendom lei – byna daagliks”, het sy vertel.

Kubayi het aangedui dat die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onwettige Besetting van Grond hersien moet word om wette teen grondindringing en onwettige besetting te versterk.

“Dit maak dit ook moeilik om mense te verskuif as hulle eers gevestig is – meestal in stedelike gebiede. Die realiteit is egter dat 80 persent van mense in informele nedersettings nie vir behuising kwalifiseer nie en daarom is die Regulerende Owerheid vir Maatskaplike Behuising be-opdrag om die kapasiteit in die huurruimtes vir maatskaplike behuising te vergroot”, het sy afgesluit.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *