Die Springbok (FCS) eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe versoek die publiek se hulp om die 16 jarige Ruwaiden Whitlow op te spoor.

Hy is afkomstig vanaf Buffelsrivier naby Komaggas.

Ruwaiden is verstandelik gestremd en word sedert Maandag, 18 September 2023, vermis.

Hy is laas naby ‘n plaas in Komaggas gesien, maar het na bewering weggehardloop toe die polisie ontbied is.

Hy is laas gesien met ‘n wit baadjie, blou sweetpakbroek en flip flops.

Die lede van Springbok FCS het aangesluit by lede van Komaggas SAPD, SAPD Soek en Reddingspan, en lede van Airline wat die plase en omliggende gebiede gefynkam het.

 “Enigiemand met inligting kan kaptein Love by 0828744532 bel of anoniem na 32211 sms of die MySaps-toepassing gebruik. Die publiek word daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is om ‘n persoon as vermis aan te meld nie. Die ondersoek duur voort,” het luitenant kolonel Sergio Kock, polisiewoordvoerder gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *