Die Departement van Paaie en Openbare Werke sal ‘n verslag van hul span in die distrik kry, om vas te stel wat die vlak van skade is wat deur onlangse stortreën veroorsaak is.

Dit kom nadat stortreën paaie die naweek weggespoel het, tydens stormagtige weer wat swaar oorstromings in die Kamiesberg-, Richtersveldt- en Hantam plaaslike munisipaliteite veroorsaak het.

Die LUR Fufe Makatong, wil graag die padgebruikers waarsku om op hul hoede te wees en om met alle moontlike maniere te probeer om nie die paaie te gebruik wat as onveilig beskou word om te gebruik nie.

Verder waarsku die departement die padgebruikers dat baie grondpaaie in die gebiede modderig en glad is.

Hulle is bewus van die baie toeriste wat op hierdie paaie ry, en daar is ‘n hoë risiko dat padgebruikers sal vasval wanneer hulle op hierdie roetes reis.

Die departement herinner alle padgebruikers om nie die risiko te neem om enige oorstroomde pad oor te steek nie.

Ry in die nag in hierdie riskante gebiede moet ten alle koste vermy word.

“Jou lewe en veiligheid is vir ons belangrik. Van die paaie verbind leerders met hul onderskeie skole in die distrik, naamlik hoërskole Leliefontein, Garies, Alexanderbaai, Port Nolloth en Garies. Ons distrikspanne is hard aan die werk om die paaie te herstel vir gebruik, wanneer skole heropen,” het Zandisile Luphala, mediaskakel beampte en woordvoerder vir die LUR, gesê.

Die geaffekteerde paaie in die Kamiesberg- en Richterveldt-gebiede sluit die volgende in:

  • Kamiesberg: Leliefontein na Langvlei tot Nourivierweg (DR2943)
  • Kamiesberg: Karas na Doringkraalweg (DR2943)
  • Kamiesberg: Bekleikraal/Nourivierweg (OG096)
  • Kamiesberg: Garies na Groenrivier Vurkweg (DR2938)
  • Kamiesberg: Struderpas na Leliefontein na Nouriverweg (DR2944/43)
  • Kamiesberg: Paulshoek na Rooiwalweg (DR2944)
  • Kamiesberg: Witwaters tot Tweerivierweg (DR2944)
  • Richtersveldt: Khuboes na Middelpos (DR3247/MR567)

Die geaffekteerde paaie in die Hantam-gebied sluit die volgende in:

  • Ceres/Calvinia tot by die grens van die Wes-Kaap Provinsie (MR316/R355)
  • Keiskee na Nooiensrivier na Rooiwalweg (DR2272)
  • Bonekraalbrug (DR2275)
  • Nieuwoudtsville na Garsberg (DR 2290)
  • Roodewerf na Keiskee na Nooiensrivier tot Rooiwal (DR2277)

Die Departement doen ‘n beroep op lede van die publiek wat ‘n gedeelte van die pad wil aanmeld om foto’s en GPS-koördinate na hul Paaie WhatsApp-lynnommer 0665815626 te stuur.

Lede van die publiek word verder gevra om waaksaam te wees aangesien swaar voertuie (soos vragmotors, voorlaaiers en skrapers) aanhou werk op verskeie paaie en die geduld en samewerking van die publiek vereis.

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *