Om die onwettige mynbedrywighede in die Namakwa-distrik aan te spreek, is ‘n multi-dissiplinêre operasie uitgevoer.
Dit het gefokus op ongedokumenteerde persone en die onwettige mynbou by Nuttabooi/Bontekoe naby Kleinsee.
Die operasie is gister uitgevoer, waartydens 130 ongedokumenteerde persone gearresteer is.
Daar is beslag gelê op gereedskap en toerusting wat vermoedelik gebuik was in die uitvoer van onwettige mynaktiwiteite.
Die verdagtes sal binnekort in die Port Nolloth landdroshof verskyn.







