Daar is tans ‘n kragonderbreking in die Nama-Khoi munisipale gebied.
Die areas wat sedert drieuur vanoggend geraak is, is Springbok, Bergsig, Vaalwater, Matjieskloof en Fonteintjie.
“Die toevoer sal in oorleg met Eskom per seksie aangeskakel word sodra die fout bepaal is en herstelwerk afgehandel is. Hersteltyd kan dus nog nie bepaal word nie,” het Jan Swartz, Munisipale Bestuurder gesê.
Die munisipaliteit vra om verskoning aan die gemeenskappe.
