Operasie Shanela-aksies was op Woensdag, uitgevoer onder bevel van die Adjunk Provinsiale Kommissaris vir Polisiëring, Majoor-generaal Luntu Ngubelanga in Olifantshoek.
Hy is vergesel deur die adjunk-provinsiale kommissaris vir misdaadopsporing, generaal-majoor Mmantsheke Lekhele asook die JTG-distrikskommissaris, generaal-majoor Johnny Besnaar en provinsiale hoofde.
Die operasie het stasies en eenhede binne die JTG-distrik ingesluit soos die JTG-hoofwegpatrollie, Kuruman k9, Kuruman POP, die GPF, Provinsiale Verkeer, die Noord-Kaapse Drankraad, Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, CCTV en De Bruin sekuriteitsmaatskappye en Thought NCO.
Tydens die operasie is ‘n padblokkade op die N14 uitgevoer en 7 verkeersboetes ter waarde van R9500 is uitgereik.
“Boonop is 7 drankafsetpersele besoek vir nakomingsinspeksie en twee is gesluit vir nie-nakoming. Twee tweedehandse goedere handelaars is besoek en ‘n 18-jarige man was ondervra omdat daar ‘n vermoede was dat hy in ‘n saak van diefstal betrokke was,” het polisiewoordvoerder Kapt Mosimaneotsile Letsapa, gesê.
Nadat hy ondervra is, het hy die polisie na sy woning gelei waar hulle slypmasjiene, boor masjiene, moersleutels, ens gevind het, alles met ‘n geskatte straat waarde van R5000.
Daar is op al die items beslag gelê nadat hy versuim het om bewys van aankoop te verskaf en hoe hy in die besit daarvan gekom het.
Hy is saam met sy 30-jarige neef gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.
Generaal Ngubelanga het herhaal dat Operasie Shanela onverpoosd in die provinsie sal voortduur.
Hy het ook beklemtoon dat verhoogde polisiesigbaarheid verskeie gemeenskappe sal veilig laat voel veral gedurende die feesseisoen aangesien daar meer stewels op die grond sal wees.
Laastens het generaal-majoor Ngubelanga al die belanghebbendes en gemeenskapslede wat met die SAPD saamgesnoer het om misdaad te bekamp, toegejuig.













