‘n Multi-dissiplinêre misdaadintelligensie-gedrewe operasie gelei deur Noordwes-misdaadintelligensie en Kimberley-speurders het gelei tot die inhegtenisneming van nege verdagtes wat vermoedelik by ‘n bedrog- en afpersingsindikaat betrokke was.

Die verdagtes is op Dinsdag, 12 Desember 2023, in Schweizer-Reneke in hegtenis geneem nadat diè inligting ontvang is.

“Tydens die arrestasie is beslag gelê op 14 selfone, en vier diamante is in die besit van die verdagtes gevind. Die nege verdagtes, agt mans en een vrou, tussen die ouderdom van 39 en 49 word na bewering verbind met sake van bedrog en afpersing in ander provinsies,” het polisiewoordvoerder Sersant Dikeledi Gopane, gesê.

Die verdagtes is van Bloemfontein, Christiana, Gauteng, Kimberley en Schweizer Reneke.

Kimberley-stasiebevelvoerder, brigadier Nicholas Mtongana het die lede toegejuig vir hul ywerige diens om te verseker dat die verdagtes gearresteer word.

Die verdagtes sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

 

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *