Die Brandvlei-polisie het gister (08 Januarie 2024) ‘n 19-jarige man in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op die 18 jarige Hesty Ann Green van Brandvlei, op 31 Desember 2023.
Die verdagte is glo afkomstig van Brandvlei, maar werk tans in Kaapstad, volgens Nikolas Swartz, ‘n oom van wyle Hesty-Ann.
Die verdagte gaan vandag (09 Januarie 2024), in die Calvinia-hof verskyn, het sersant Molefi Shemane, polisiewoordvoerder gesê.
Vroeër gister het woedende inwoners na die Brandvlei-polisiestasie gegaan en ’n paar antwoorde geëis.
Die polisie was egter op die uitkyk om enige konfrontasies te verhoed.
