Die polisie se “Vala Umgodi” onwettige mynbedrywighede in die Noord-Kaap gaan voort om die net toe te maak vir onwettige mynbedrywighede.

“Die polisie-aksies wat op Vrydag, 19 Januarie 2024 tot Sondag, 21 Januarie 2024 plaasgevind het, het stop en deursoekings, die opsporing van ongedokumenteerde immigrante, die bekamping van transitomisdade en die uitvoer van roetine-voertuiginspeksies ingesluit,” het die polisiewoordvoerder, Sersant Timothy Sam gesê.

Die polisie het tien (10) buitelandse burgers vir oortreding van die Immigrasiewet gearresteer en beslag gelê op talle onwettige myntoerusting, insluitend kragopwekkers, sakke met gruis, siwwe, grawe, handhamers, bore en verlengkoorde.

Die verdagtes sal binnekort in die Port Nolloth-landdroshof verskyn

Sam het gesê dat talle roetinepatrollies is uitgevoer waartydens boetes ter waarde van R2 550 vir verkeersoortredings uitgereik is.

Die polisie sal onverpoos voortgaan om onwettige mynbedrywighede te bekamp en versoek die publiek om enige misdadigheid by die polisie aan te meld.

“As jy dit sien, sê dit”.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *