Operasie Shanela, die multi-dissiplinêre hoë digtheid bly standvastig en doelbewus in die stabilisering van misdaad.
Verskerpte polisie-operasies het op Donderdag, 18 Januarie 2024 tot Sondag, 21 Januarie 2024 plaasgevind met ‘n spesifieke fokus op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in brandpuntgebiede wat menigte suksesse verseker het.
Aksies en polisieaktiwiteite wat tydens die operasies uitgevoer is, het ingesluit voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelm- en ander goedere smokkel en opsporingsoperasies deur speurders.
Voertuigkontrolepunte en verskeie padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 2 197 voertuie en 6 171 persone voorgekeer en deursoek is.
Polisie-aksies wat uitgevoer is, sluit in nakomingsinspeksies by tweedehandse handelaars, vuurwapenhandelaars, drankpersele, formele en informele besighede, myne sowel as plase.
Meer as 300 verdagtes is in hegtenis geneem en gearresteer vir ‘n verskeidenheid misdade wat wissel van moord, poging tot moord, roof, aanranding, huisbraak, diefstal uit ‘n motorvoertuig, opsetlike saakbeskadiging en die besit van dwelms, gevaarlike wapens, bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, onwettige handel in drank, onwettige immigrante asook oortreding van die wet op tweedehandse goedere.
Van die 309 totale inhegtenisnemings was 154 gesoekte verdagtes, wat vir talle misdrywe vir die polisie op die vlug geslaan het, is gedurende die tydperk 12 tot 18 Januarie 2024 tydens opsporingsoperasies deur speurders regoor die provinsie in hegtenis geneem.
Polisie-optrede het ook gelei tot die konfiskering van groot volumes alkoholiese drank en talle gevaarlike wapens by onwettige sjebiens en ander brandpunt-misdaadgebiede.
“Die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Otola het herhaal dat geen steen onaangeroer gelaat sal word om te verseker dat ons saam die ruimte knyp vir misdadigers om op te tree nie.”
Generaal Otola het die vroue en mans in blou, gemeenskappe sowel as alle eksterne belanghebbendes aangemoedig om hande te vat om ‘n veilige Noord-Kaap provinsie te verseker.





