Die Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord (GBVF) skuldigbevindings en vonnisoplegging wat deur die Pofadder-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe verseker is, in die Pofadder-streekhof verwelkom.

Op Saterdagaand, 23 Desember 2022, het die 25-jarige vroulike slagoffer en die beskuldigde ‘n stryery gehad, terwyl sy besig was om haar baba te borsvoed.

‘n Stryery het ontstaan en die beskuldigde het kookwater oor die slagoffer gegooi en was gearresteer vir poging tot moord en borgtog is suksesvol teengestaan en geweier.

“Op Woensdag, 21 Februarie 2024, het die Pofadder-streekhof die 32-jarige beskuldigde skuldig bevind en gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf, waarvan 4 jaar vir 5 jaar opgeskort is,” het polisiewoordvoerder sersant Molefi Shemane gesê.

Die hof het ook die beskuldigde onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

 In ‘n onverwante saak ook in Pofadder, op Saterdag, 14 Januarie 2022, het ‘n 42-jarige slagoffer en haar man buite hul huis gelê toe die slagoffer wakker gemaak is deur die beskuldigde wat hul perseel betree en reguit na die slagoffer gegaan en haar seksueel aangerand het.

Die slagoffer het geskree, en die beskuldigde het weggehardloop.

Sersant Molefi Shemane het gesê dat die saak is by die polisie aangemeld en die beskuldigde is in hegtenis geneem.

Op Dinsdag, 20 Februarie 2024, het die Pofadder-streekhof die 28-jarige Owen Basson skuldig bevind en gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf vir seksuele aanranding, geheel en al opgeskort vir vyf jaar.

Die beskuldigde is ook deur die hof onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *