Drie vroue, onderskeidelik 25, 40 en 43 jaar oud is deur die Kimberley SAPD se misdaadvoorkomingseenheid in hegtenis geneem.

Hulle was in besit van vermoedelik gesteelde goedere ter waarde van R20 000 gevind, wat na bewering uit winkels in ‘n plaaslike winkelsentrum gesteel is.

Sersant Phumla Mpolokeng was Vrydag besig met patrollies toe sy deur ‘n sekuriteitswag in diens van die winkelsentrum in kennis gestel is oor ‘n verdagte voertuig.

Kimberley SAPD-woordvoerder, sersant Dikeledi Gopane, sê die polisie het die voertuig gestop en deursoek.

Daar is beslag gelê op ’n Silwergrys Volkswagen-voertuig, wat na bewering in die pleging van ’n misdaad gebruik is.

Die verdagtes is aangehou en sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Die polisie het die publiek versoek om gesteelde goedere aan te meld en van die hand te wys

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *