Die Valke het ‘n 30-jarige verdagte in Postmasburg in die Noord-Kaap gearresteer vir die onwettige besit van dwelms en handel in dwelms.

Dit kom nadat hulle ’n deursoek- en beslagleggingsoperasie by Haakbos Draai gedoen het nadat hulle inligting ontvang het oor dwelms wat verkoop word.

Die Valke het beslag gelê op ‘n sak met gekristalliseerde metamfetamien ter waarde van meer as 38-duisend rand.

Die verdagtes sal in die Postmasburg-distrikshof verskyn.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *