Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het ‘n polisiebeampte wat by Niekerkshoop-polisiestasie gestasioneer was, gearresteer omdat hy na bewering ‘n 27-jarige vrou verkrag het.
Phaladi Shuping, woordvoerder van Opod, het Dinsdag gesê die klaagster het op 23 Februarie saam met haar vriende ‘n taverne besoek toe die polisiesersant opdaag en haar selfoon met geweld gevat het.
Later dieselfde aand het sy haar foon by die beampte se woning gaan haal, waar sy beweer dat hy haar verkrag het.
“Die saak is by Opod aangemeld en die polisiebeampte is op 27 Februarie in hegtenis geneem. Die beampte sal Woensdag in die Prieska-landdroshof verskyn,” het Shuping gesê.
