Die multi-dissiplinêre onwettige mynoperasie “Vala Umgodi” deur Suid- Afrikaanse Polisiediens, Suid- Afrikaanse Nasionale Weermag en Departement van Binnelandse Sake, het 12 verdagtes in hegtenis geneem vir beweerde onwettige mynbou en betreding in Kleinsee op Maandag, 26 Februarie 2024.

“Die polisie het inligting ontvang oor twee voertuie wat onwettige mynwerkers vervoer het. Die span het die inligting geoperasionaliseer, rondom die myngebied gepatrolleer en die twee geïdentifiseerde voertuie opgemerk,” het ‘n polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.

Die span het beslag gelê op twee voertuie wat vermoedelik in die pleging van die misdaad gebruik is en daar is ook beslag gelê op siwwe, grawe, beitels, handhamers en ’n 20 liter-houer met diesel.

Die verdagtes sal binnekort in die Port Nolloth-landdroshof verskyn.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *