Jesaja 65:24 “Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor”
Dit is die skrifgedeelte wat Wenda Bennett Sondag (18/03) gebruik het tydens die gebedsessie wat gereël was vir die 6 jarige Joslin Smith van Saldanhabaai wat as vermis aangemeld was.
“Die Here belowe in Jesaja 65 vir Sy volk ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde, waar daar nie weer rampe, ellendes, teenspoed, teleurstellings, droefheid, hartseer, lyding, smarte en ongelukkighede sal wees nie.
“Daar sal net blydskap, vrede, en geluk, en veral omdat God self by Sy volk, onder Sy volk teenwoordig sal wees en kom woon.
“God laat die swaarkry van vroeëer verdwyn en belowe dat Hy sy volk se gebede sal beantwoord.
“Vir ons het die nuwe hemel en nuwe aarde nog nie aangebreek nie.
“Ons lewe nog in ‘n onvolmaakte, gebroke en verganklike wêreld wat daagliks deur die gevolge van die sonde geteister en getreiter word.
“Wanneer dit egter baie moeilik en swaar met ons gaan, bid ons soms en vra vir die Here vir hulp, raad enm uitkoms, en as die Here nie ons gebreke onmiddelik of dadelik beantwoord nie, voel dit vir ons asof Hy ons nie wil antwoord of hoor nie.
“Hoeveel gebede het nie al uitgegaan vir kliene Joslin Smith, ons kind.
Die Here luister wel.
“So verseker Jesaja ons, maar ook op honderd ander skriftegedeeltes in die Bybel, gee Hy ons die versekering.
“God antwoord nog voordat ons, ek en u roep, terwyl ons, ek en u nog besig is om met Hom te praat verhoor Hy al klaar ons gebede.
“Soms gee God nie die antwoorde wat ons graag wou hê nie.
“Sy antwoord is egter die regte Antwoord vir ons.
“Al wat ons moet doen is om in Hom te bly glo – ook die kere wanneer Sy wil vir jou lewe anders is, as jou eei verwagtinge, begeertes en wense.
God antwoord al ons gebede!
“Hoe kan ons egter help om weer ons samelewing en ons gemeenskappe, ons dorpe, land, skole morel skoon te kry sodat dissipline, orde, respek, gesagsaanvaarding en onderwerping van gesag in ons huise, skole, kerke ens. weer terugkeer.
“Die herstelproses begin by die kern van ons samelwing – ons huisgesinne.
God het huisgesinne geskep as die plek van geloofsvorming.
“Huisgesinne is vir God die kweekplek, die geboorte plek vir morele geloofsvorming.
“Huidiglik is baie van ons hedendaagse gesinne self besig om te verbrokkel, al hoe meer word jongermense ouers, sommige slef nog kinders.
“My vraag is; Hoeveel hoop is daar nog in ons samelewing vir goeie, Godvresende gesinne.
“Wat het gword van “A family that prays together, stays together” of ‘n ander bekende een, “Ek en my huis ons sal die Here dien.”
“Gesonde huisgesinne bou gesonde skole, kerke, gemeenskappe en ‘n misdaad vrye samelewing.
Gebed:
“Here osn gebed is dat Joslin opgespoor en ongedeerd gevind sal word, en dat daar kalmte en vrede sal kom in almal se harte en gemoedere.
Here Jesus dankie dat U die lig is wat oor ons lewens skyn.
Help ons ook vir ander ‘n lig te wees en hulle donkerte minder te maak.
Here ons dank U ook vir die besonderse uitnodiging dat ons net kan vra en weet dat ons net kan vra en weet dat U sal voorsien.
Vanmiddag kom ons in nederigheid na U toe en gee ons oor.
Amen”
Voorberei deur Wenda Bennett