Op Steinkopf het die Suid- Afrikaanse polisiediens lede op inligting gereageer en ‘n 19-jarige vrou in besit van dagga gevind met ‘n geraamde straatwaarde van R39 000 en kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is.
“Die verdagte is gearresteer en vir die besit van dagga aangekla en sal na verwagting vandag in die Springbok-landdroshof verskyn,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder, Sersant Molefi Shemane gesê.
