Onwettige mynbou en gepaardgaande kriminele aktiwiteite is ‘n knou toegedien in die Bontekooi-informele nedersetting in Kleinzee, toe Operasie Vala Umgodi-spanne op Saterdag, 06 April 2024 onwettige aktiwiteite ontwrig het.

Die intelligensie-gedrewe operasie deur lede het gelei tot die arrestasie van ses (6) ongedokumenteerde Zimbabwiese mans tussen die ouderdomme 23 en 45 jaar oud.

“Daar is ook beslag gelê op gereedskap wat vermoedelik in onwettige mynaktiwiteite gebruik word,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane gesê. 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *