Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, tesame met die waarnemende adjunk-provinsiale kommissaris vir misdaadopsporing en korporatiewe dienste, generaal-majoor Jacques Raymond, tesame met die SAPD se provinsiale kantoor in Kimberley, in die teenwoordigheid van die provinsiale bestuur het vandag agt (8) nuut bevorderde stasiebevelvoerders in die Noord- Kaap aangestel.
Die nuwe stasiebevelvoerders vir die Namakwa- Distrik is, Lt Kol JS Kelly, die voormalige stasiebevelvoerder van Steinkopf SAPD, is bevorder as die stasiebevelvoerder van Colesberg SAPD, Kapt DB Greef ‘n voormalige Aflosbevelvoerder by Pofadder SAPD is bevorder as die Stasiebevelvoerder van Komaggas SAPD en Kapt MP Rispel die voormalige Sigbare Polisiëringsbevelvoerder van Noenieput SAPD is bevorder as die nuwe Pella Stasiebevelvoerder.
“Die nuwe aanstellings is van krag vanaf 1 Mei 2024 en hul nuwe rol as stasiebevelvoerders is om toesig te hou oor die funksionering van hul stasies en die misdaad in die polisiëringsgebied van hul onderskeie stasies,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant kolonel Sergio Kock gesê.
Luitenant-generaal Otola het die nuwe stasiebevelvoerders gelukgewens en haar verwagtinge uiteengesit en terselfdertyd uitgebrei oor hul rolle en verantwoordelikhede.
Sy het ook herhaal dat hulle verantwoordelik en aanspreeklik gehou sal word vir die misdaad in hul onderskeie stasiegebiede.










