Die bevelvoerder van die Namakwa Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenheid, kapt Karel du Toit, het Donderdagmiddag (09/05/2024), vlugtig in die Springbok-hof verskyn.
Du Toit is Woensdag (08/05/2024) deur lede van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte wat verband hou met bedreigde/beskermde plante.
Hy was in aanhouding tot sy hofverskyning vandag.
Hy is op borgtog van R50 000 vrygelaat.
Sy volgende hofdatum is 1 Augustus.
Die ondersoek duur voort volgens die Nasionale Vervolgingsgesag.
