Terwyl Black Mountain werkersmaand vier, het een van die mynreus se werknemers Bernelee Saal, wat werksaam is by die Gamsberg Plant die volgende te sê oor haar werkgewer.

“Wat my gemotiveerd hou om by Vedanta Zinc International te werk, is die feit dat ek weet ek is deel van iets wat groter is as ekself. Die maatskappy bied my geleentheid om te leer, groei en myself op baie maniere uit te daag. Ek kan getuig dat ek baie meer toegerus is met ondervinding en kennis as toe ek die eerste keer begin het.”

Mei-maand is Werkersmaand.

Intussen is VZI trots op hul kollegas, insluitend hul sakeleiers, wat hul waarde van #Care uitleef deur aan die plaaslike #CANSAShavathon deel te neem.

Dit is een van KANSA se grootste kankerbewusmakings- en fondsinsamelingsgeleenthede in ‘n poging om solidariteit te deel met diegene wat deur kanker geraak word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *