Die Premier van die Noord-Kaap, Dr. Zamani Saul tesame met die LUR vir Gesondheid in die provinsie, Maruping Lekwene het Dinsdag, 14 Maart 2024. die opgeknapte Rooiwal kliniek ge-open.
Die gebou was erg beskadig nadat dit onder vandalisme deur geloop het.
Dit het daartoe gelei dat die gemeenskap van Rooiwal mediese sorg ontvang het van Vioolsdrift Kliniek en het soms gesukkel om daar uit te kom.
Die opknapping van die kliniek het aan die plaaslike inwoners werk geskep insluitend vrouens.
Dit is toegerus om gesondheidsdienste in die gemeenskap te verbeter en meer mense toegang tot kwaliteit mediese sorg te bied.
Die opening simboliseer ‘n stap vorentoe in die versterking van plaaslike gesondheidsorgdienste.


















