Die Suid- Afrikaans Polisiediens Bestuur verwelkom die tronkstraf van 10 jaar wat opgelê is aan ‘n 46-jarige pa wat sy 11-jarige dogter wreed aangerand het in Calvinia.
Op Saterdag, 23 Desember 2023 omstreeks 09:00 het die pa sy dogter erg met ‘n stok oor haar lyf en kop geslaan.
Die slagoffer het begin bloei en na ‘n familielid gehardloop wat die polisie in kennis gestel het.
“Die vader is die volgende dag gearresteer en op 25 Junie 2024 in die Calvinia-streekhof soos volg gevonnis: Tien (10) jaar gevangenisstraf vir aanranding met die doel om ernstig te beseer waarvan 5 jaar vir 5 jaar opgeskort word,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.
Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit of met kinders te werk.
Die ondersoekbeampte, speurkonstabel Gregory Settley van die Calvinia-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, is toegejuig vir sy noukeurige ondersoekwerk wat gelei het tot die noemenswaardige vonnis van die geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord-oortreder.
