Die Noord-Kaapse multi-dissiplinêre span wat Operasie Vala Umgodi in Kleinsee in die Namakwa-distrik uitvoer, het op Dinsdag, 25 Junie 2024, 6 Zimbabwiese mans van tussen 20 en 43 jaar oud vir die oortreding van die Wet op Onwettige Mynbou gearresteer.

Die span het waarnemingspligte rondom myngebiede in Kleinsee uitgevoer toe hulle gesien het hoe die mans na bewering besig was met onwettige mynaktiwiteite.

Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam het gesê dat daar beslag gelê is op talle myntoerusting, insluitend ‘n kragopwekker, jackhammer, elektriese verlengkoord, sakke met vermoedelik diamantdraende graf en ander gereedskap.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Port Nolloth-landdroshof verskyn.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *