Die Nama Khoi munisipaliteit wil die gemeenskap van Komaggas inlig oor ‘n geskeduleerde onderbreking van die grootmaat watertoevoer.
Die onderbreking sal plaasvind vanaf 20 Augustus tot 3 September 2024 en sal ongeveer 14dae duur.
Die doel van die onderbreking is om die nodige werk te voltooi om die nuwe reservoir met water te vul.
Onvoorsiene omstandighede kan die duur van hierdie onderbreking beïnvloed.
Die munisipaliteit sal die gemeenskap op hoogte hou van enige veranderinge in die skedule.
“Ons vra die gemeenskap vriendelik om vooraf genoeg water aan te vul. Die munisipaliteit sal ook op versoek watertrokke ontplooi om te verseker dat daar voldoende watervoorraad tydens hierdie tydperk is,” het JI Swartz munisipale bestuurder gesê.
