Die Suid- Afrikaanse polisiediens in Springbok ondersoek ‘n saak van poging tot moord nadat ‘n 45-jarige vrou met steekwonde in Bergsig gevind is.

Daar word vermoed dat die voorval gisteroggend ongeveer 05:30 plaasgevind het.

Die slagoffer is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling.

Na verdere ondersoek het die polisie ‘n 59-jarige man in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die ondersoek duur voort.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *