Die SAPD in Prieska bly verbind tot die polisiëring van eiendomsverwante misdade, toe hulle twee verdagtes in hegtenis geneem het wat in besit gevind is van vermoedelik gesteelde goedere wat tydens ‘n onlangse huisbraak gesteel is.
Die beweerde voorval het op 09 Augustus 2024 omstreeks 03:00 plaasgevind waartydens ‘n Orbital elektriese poleerder, ‘n hoekslyper, sweismasjien, Hikoki hittegeweer, skootrekenaar, ‘n impakboormasjien en elektriese skuurmasjien met ‘n geskatte waarde R15 000 is gesteel.
Prieska se sigbare polisiëringseenheid het inligting opgevolg en twee mans op Woensdag 14 Augustus 2024 in hegtenis geneem.
Die meerderheid van die gesteelde goedere is op verskillende plekke teruggevind.
Die twee verdagtes van onderskeidelik 28 en 31 jaar oud sal binnekort in die Prieska-landdroshof verskyn op aanklag van huisbraak en diefstal.
Die SAPD-bestuur in die Noord-Kaap loof die Prieska SAPD vir hul vinnige herwinning van die meeste van die gesteelde goedere en vir die versekering dat die oortreders aangekeer word.
Lede van die gemeenskap word daaraan herinner dat die koop en berging van gesteelde goedere ‘n kriminele oortreding is en moedig mense aan om die polisie van sulke aktiwiteite in kennis te stel.
Die SAPD moedig inwoners aan om indien jy iets sien, iets sê.
Hulle doen ook ‘n beroep op die gemeenskap om nee te se vir gesteelde goedere.
