Die Noord- Kaapse polisie in die Noord-Kaap bly daartoe verbind met die uitwissing van vervalste en vervalde produkte wat aan gemeenskappe in die provinsie verkoop word.
Op Woensdag 2024-08-’14, omstreeks 17:00, het lede van die Noord-Kaapse provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad, met die hulp van die Noord-Kaapse taakspan, inligting oor die verkoop van vervalste goedere in Petrusville ontvang en daarop gereageer.

Foto: Gekonfiskeerde vervalste sigarette

Met hul aankoms by die geïdentifiseerde supermark het die polisie vervalste sigarette en goedere wat verval het, teruggevind.
‘n Ongedokumenteerde 22 jarige buitelandse burger is ook op die perseel gevind en is in hegtenis geneem.
Toe ‘n boete aan die winkeleienaar uitgereik is, het 39-jarige vrou na bewering probeer om die polisiebeampte om te koop.
Sy is in hegtenis geneem op aanklag van omkopery en die aanstelling van ‘n ongedokumenteerde buitelandse burger.
By verdere ondersoek is ‘n bottelwinkel en ‘n groothandelwinkel ook deursoek en ‘n aansienlike hoeveelheid vervalste goedere en medisyne is teruggevind en gekonfiskeer.
Foto:Verskaf

Die geraamde waarde van die gekonfiskeerde sigarette, vervalde goedere en medisyne is R450 000.
Die waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Luntu Ngubelanga, het die span geloof vir hul vinnige reaksie en die gemeenskap erken vir die verskaffing van inligting rakende kriminele aktiwiteite in hul gebied.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *