Ter viering van Wêreldentrepreneursdag wat op 21 Augustus plaasvind, is Black Mountain Mining (BMM), in samewerking met Phakamani Impact Capital, trots om ‘n uitbreiding van sy deurlopende ondersteuning vir plaaslike klein, mikro en medium ondernemings (KMMO’s) aan te kondig.

Om voort te bou op jare se toegewyde vennootskap, rus Black Mountan Mine (BMM) hierdie besighede toe met gevorderde finansiële bestuursinstrumente om hul groei te versnel en by te dra tot die stryd teen plaaslike werkloosheid.

Plaaslike werkloosheid bly kritiek hoog, met werk wat al hoe skaarser word.

Entrepreneurs en klein besighede is die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar tog kom hulle dikwels voor beduidende uitdagings te staan wat hul voortbestaan en groei belemmer.

Deur sy bestaande ondernemings- en verskafferontwikkelingsprogramme (ESD) werk BMM al gemiddeld 18 maande nou saam met plaaslike KMMO’s om hierdie uitdagings aan te spreek, veral met die fokus op die verbetering van finansiële geletterdheid en kontantvloeibestuur, wat noodsaaklik is vir besigheidsvolhoubaarheid.

“Klein besighede staar talle struikelblokke in die gesig, maar swak kontantvloeibestuur – ‘n uitdaging wat verbasend maklik is om aan te spreek – is een van die hoofoorsake van mislukking,” het Gary Ephraim, ESD-bestuurder by Black Mountain Mining, gesê.

Trouens, statistieke toon dat ‘n verbysterende 82% van klein besighede misluk as gevolg van swak kontantvloeibestuur.

“Deur ons voortdurende werk met hierdie entrepreneurs het ons eerstehands gesien hoe passievol en innoverend hulle is, maar baie het nie die finansiële gereedskap en kennis om hul besighede finansïeel gesond te hou nie,” het Ephraim verduidelik.

Versnel KMMO-groei met gevorderde finansiële instrumente
Benewens die gewone hulpbronne wat deur BMM se ESD-program verskaf word, is ‘n eenjaar SAGE Business Cloud Accounting-lisensie aan 19 KMMO’s toegeken.

Hierdie strategiese stap is ontwerp om die kritieke finansiële bestuursuitdagings wat voorheen hierdie besighede belemmer het, aan te pak, om hulle te help om voort te bou op die vordering wat hulle gemaak het en nader aan langtermynsukses te beweeg.

Die inisiatief weerspieël BMM se volgehoue verbintenis om plaaslike besighede te versterk en ekonomiese groei binne die gemeenskap aan te dryf.

Deur KMMO’s met SAGE-lisensies toe te rus, voorsien BMM hierdie ondernemings van die nuutste gereedskap om finansiële bedrywighede te stroomlyn, belastingnakoming te verseker en algehele produktiwiteit te verhoog.

In die afgeleë Noord-Kaap-streek sukkel baie KMMO’s met finansiële bestuur as gevolg van beperkte toegang tot hulpbronne en professionele dienste.

Hierdie inisiatief is BMM se proaktiewe oplossing vir hierdie uitdagings, aangesien daar voorheen bevind is dat ‘n aansienlike aantal van hierdie besighede nie aan belasting voldoen nie.

“SAGE is ‘n waardevolle hulpmiddel, wat hierdie besighede ‘n duidelike siening van hul finansiële gesondheid bied, hulle help om belastingspertye te haal en hul finansiële bestuur te vereenvoudig,” het Ephraim bygevoeg.

“Ons doelwit is om KMMO’s te bemagtig om ‘n gedetailleerde, maand-tot-maand begrip van hul finansiële prestasie te verkry, voortbou op die fondamente wat ons reeds gelê het.”

Omvattende opleiding en deurlopende ondersteuning
Om die doeltreffende gebruik van hierdie sagteware te verseker, het Phakamani Impact Capital, BMM se implementeringsvennoot, omvattende opleiding aan KMMO’s verskaf.

Hierdie opleiding, wat deur beide groepsessies en maandelikse een-tot-een mentorskap aangebied word, bou voort op die grondliggende kennis wat hierdie besighede reeds oor die afgelope jaar en ‘n half opgedoen het.

Die opleiding dek noodsaaklike onderwerpe soos begroting, kosteberekening en prysbepaling, en finansiële state, wat die KMMO’s se vermoë om hul finansies doeltreffend te bestuur deur SAGE verder te verbeter.

SMME-suksesverhale
Abraham Diergaardt, wat Arruru Transport (Edms) Bpk, ‘n pendeldiensonderneming wat die afgelope 12 jaar met BMM saamwerk, bestuur, het sy ervaring gedeel.

Met een voertuig en een bestuurder het Diergaardt sy vloot tot vyf voertuie uitgebrei, wat werk verskaf aan vyf bestuurders.

“Dit is vyf gesinne met ‘n broodwinner om kos op die tafel te sit,” het hy gesê.

“Sedert ons SAGE twee maande gelede begin gebruik het, kon ek vinnig en akkuraat ons finansiële status evalueer. Die stelsel se vermoë om finansiële verslae outomaties te genereer het my tyd en geld gespaar, wat my in staat gestel het om ons finansies meer onafhanklik te bestuur.” het Diergaardt gesê.

“Hierdie inisiatief bou voort op die ondersteuning wat ons oor die jare van BMM ontvang het, en dit maak reeds ‘n positiewe impak op ons bedrywighede.”

Rubert Spence werk al byna drie dekades vir en saam met Black Mountain Mining.

“Ek het my loopbaan by Black Mountain gegroei en in 1992 as ‘n elektriese assistent begin en uiteindelik my Nasionale Diploma in Elektriese Ingenieurswese voltooi.”

In 2019 het hy die myn verlaat om sy besigheid, One Time Engineering CC, voltyds te bedryf.
Hy voorsien die myn van verskeie elektriese dienste, insluitend instandhouding en installasies.

“SAGE is ‘n groot tydbespaarder. Voorheen moes ons bankstate handmatig hanteer en sigblaaie skep om ons finansies op te spoor. Nou gee dit ons buigsaamheid en maak tyd vry. Dit is ‘n wenner in elke sin,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat sy rekenmeester 150 km van sy besigheid af gebaseer is, wat uitdagings geskep het in terme van die indiening van belastingopgawes betyds.

“Ek is bly Phakamani het ons met hierdie hulpmiddel bygestaan – dit sal help met hierdie uitdaging en baie ander wat ons as ‘n klein besigheid te staan gekom het.”

Voortgesette investering in plaaslike ekonomiese ontwikkeling

Hierdie jongste belegging, vir die SAGE-lisensies, is ‘n voortsetting van BMM se breër verbintenis om plaaslike ekonomiese groei te bevorder.

Na die aanvanklike jaar sal KMMO’s die opsie hê om voort te gaan om die sagteware op hul eie koste te gebruik, om die volhoubaarheid van hierdie ondersteuning te verseker.

“Goeie finansiële bestuur kan die verskil tussen oorlewing en sukses vir klein ondernemings wees. SAGE bied ‘n belangrike lewenslyn wat hierdie KMMO’s help om nie net te oorleef nie, maar om te floreer,” het Ephraim afgesluit.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *