Vedanta Zinc International sluit aan by Dewald Rooi vir derde inligtingsessie rakende SLP

Die derde inligtingsessie rakende Vedanta Zinc International se Maatskaplike ontwikkelingsplan het plek geneem saam met Dewald Rooi op die klankgolwe van Radio Nfm.
Die tweede laaste sessie se fokus was op die bevordering van vaardigheidsontwikkeling wat volgens Erich Katze – Hoof van die leer en ontwikkelings afdeling in die Black mountain kompleks, ‘n intergrale deel van die SLP is.
Tydens die 5 jaar periode van die vorige SLP het die myn ‘n enorme bedrag van R50 miljoen net aan vaardigheidsontwikkeling en onderrig bestee.
Individue kon formele kwalifikasies bekom wat buite die mynbedryf ook toegepas kan word.
344 mense was opgelei in konstruksie-en die boupraktyk.
Die mynmaatskappy het ook R18 miljoen spandeer op die inrig van n vaardigheidsontwikkeling sentrum op Pofadder.
Volgens Katze was Pofadder spesifiek gekies omdat dit sentraal in die Khâi Ma streek is.
Die sentrum het Junie maand 57 gekwalifiseerde studente geproduseer terwyl nog 87 studente huidiglik opleiding ontvang.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content