Die multi-dissiplinêre spanne van Operasie Vala Umgodi, beide in onderskeidelik die Namakwa- en Francis Baard- distrik, het nege mans gearresteer, 1 vir die besit van ‘n vermoedelik ongeslypte diamant en agt vir die oortreding van immigrasiewette.
Woensdagaand (12/09/2024) het die span in Namakwa ‘n wenk ontvang oor ‘n voertuig wat vermeende onwettige mynwerkers tussen Kleinzee en Koingnas vervoer.
Die inligting is geoperasionaliseer en die genoemde voertuig is langs die R355-pad opgemerk en gestop.
“Daar is tydens die soektog ontdek dat die bestuurder onwettig in besit was van ‘n ongeslypte diamant. Hy is gearresteer en aangekla en het gister in die Springbok-landdroshof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Merapelo Pilane gesê.
Die span in die Francis Baard-distrik het gister ontwrigtende operasies in die Kennelworth-onwettige myngebied uitgevoer toe hulle ‘n groep van agt mans in die myngebied voorgekeer en deursoek en ontdek het dat hulle onwettig in die land was.
Hulle is gearresteer vir oortreding van immigrasiewette en aan immigrasiebeamptes oorhandig vir verdere hantering sal na verwagting binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.


