Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die lewenslange skuldigbevinding geloof wat aan ‘n beskuldigde van gesinsgeweld in Sutherland opgelê is.
Die hof het gehoor dat die beskuldigde die 33 jarige Chrisjan Brandt op 26 November 2022 die moord op sy meisie by die polisie aangemeld het en gesê het dat sy die vorige aand dood is ná ‘n onderonsie met ‘n onbekende vrou.
“By verdere ondersoek is vasgestel dat Brandt verantwoordelik was vir die dood van Karin Klein, wat 27 jaar oud was ten tyde van die voorval. Die ondersoek het aan die lig gebring dat Klein met ‘n hout plank en ‘n tafelpoot geslaan is,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Kolonel Cherelle Ehlers gesê.
Brandt is op Vrydag, 20 September 2024 in die Calvinia hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en regsverydeling.
Generaal Otola het herhaal dat die polisiëring en ondersoek van gesinsgeweldverwante misdade ‘n prioriteit bly vir die SAPD in die Noord-Kaap.
Sy het die ondersoekbeampte, speurdersersant Elton Klein van die Sutherland-speurtak, geloof vir sy deeglike ondersoek wat gelei het tot die stewige vonnis van hierdie gruwelike daad van gesinsgeweld.
