Die 57 jarige Patrick Leonard Damon is deur die Springbok Streekshof skuldig bevind aan die moord op Mornè Hamilton Huskitt (43) in Augustus 2023.

Die twee het alkohol gebruik ná ’n werksdag en by Damon se huis verder gedrink saam met ander. ’n Rusie het uitgebreek nadat Huskitt glo onvanpas na Damon se vriendin opgetree het.

“Damon het hom met mynstewels geskop en geslaan. Huskitt is later bewusteloos buite gevind en in die hospitaal opgeneem, maar is op 26 Augustus aan sy beserings oorlede,” het Mojalefa Senokoatsane, Nasionale Versvolgingsgesag streekswoorvoerder gesê.

Damon is voorheen skuldig bevind aan moord en aanranding en was tot Maart 2023 op parool.

Die hof het geen versagtende omstandighede gevind nie en het hom tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die vonnis en waarsku teen die rol van alkoholmisbruik in geweldsmisdade in gemeenskappe.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *