Die Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir Maatskaplike Ontwikkeling, Me. Mase Manopole, het Woensdag, 04 Februarie 2026, die Waarderingsprogram vir Ouer Persone in Norvalspont, binne die Pixley ka Seme-distrik, gelei.
Die program vorm deel van die regering se verbintenis tot die erkenning en ondersteuning van senior burgers.
Die byeenkoms het die onskatbare bydrae van ouer persone tot gesinne en gemeenskappe gevier.
Totaal 150 ouer persone het klein geskenkies en waardigheidspakkies ontvang as gebaar van waardering en sorg.
LUR Manopole het die aanwesiges toegespreek en beklemtoon:
“Ouer persone is die fondament van ons samelewing,en dit is ons verantwoordelikheid as regering om te verseker dat hulle hul latere jare met waardigheid, sord en respek leef.”
Sy het ook die belangrikheid van maatskaplike beskerming en die regering se rol in gemeenskapsprogramme beklemtoon:
“Programme soos hierdie bevestig ons verbintenis om niemand agter te laat nie, veral diegene wat die weg vir ons gebaan het.”
Tydens haar besoek het LUR Manopole ook die Masizakhe-sopkombuis besoek, wat deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling befonds word.
Sy het die bestuurskomitee geprys vir hul konsekwente finansiële verslagdoening en verantwoordbaarheid, wat dit moontlik maak om voort te gaan om maaltye aan die kwesbaarste lede van die gemeenskap te verskaf.
Die LUR het die departement se verbintenis tot die ondersteuning van gemeenskapsgebaseerde inisiatiewe herbevestig, wat voedselsekerheid en sosiale samehorigheid bevorder.










