Die polisie in Steinkopf ondersoek ‘n saak van strafbare manslag ná ‘n noodlottige motorongeluk wat vroeg gisteroggend op die R382 tussen Steinkopf en Port Nolloth plaasgevind het.

Die ongeluk het omstreeks 03:20 sowat 2,5 kilometer buite Steinkopf gebeur. ‘n 35-jarige man is op die toneel dood verklaar, terwyl ‘n man en ‘n vrou ernstige beserings opgedoen het en mediese behandeling ontvang het.

Die SAPD het ‘n strafbare manslagdossier geopen en ondersoek die omstandighede wat tot die botsing gelei het. Die ondersoek word deur Steinkopf-speurders voortgesit.

Polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor die voorval om na vore te kom. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *