Op 9 Mei 2026 het die Hoërskool Concordia se skaakspan deelgeneem aan die Noord-Kaapse uitdunne van die Alexforbes Battle Boards Chess Championship, ’n aanlyn kompetisie wat 288 skole landwyd bymekaarbring om vir die nasionale titel mee te ding.

Die span het uitmuntend gevaar en suksesvol vir die nasionale ronde gekwalifiseer.

Hoewel Elijah Dilgee, Jatin Engelbrecht en Kate-Lynn van Rooi die sterkste individuele vertonings gelewer het, was dit ’n ware spanpoging.

Chelsey Jantjies, Anthony Bowers, Alvirno Cardinal en Dwayne Saal het ook waardevolle bydraes gelewer deur belangrike wedstryde te wen.

Afrigter mnr. D. Jonas het sy trots uitgespreek oor die leerders se toewyding, dissipline en harde werk wat tot die sukses bygedra het.

Die span sal op 1 Augustus aanlyn teen skole van regoor Suid-Afrika meeding, waarna die top 16 skole deurdring na die nasionale eindronde wat op 15 Augustus plaasvind.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *