Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur in Namakwa het in samewerking met Radio NFM, Hoërskool Okiep en Dans Garage ‘n besluit geneem om die legendariese, kuns aktivis en bekroonde kunsonderwyser, Dawn Langdown te vereer en te vier. Langdown het Maandag, 15 Augustus om 12 uur haar laaste asem uitgeblaas in haar woning op Okiep.
Die gedenkdiens het plaas gevind in die Okiep, REC Klub.
Hierdie gedenkdiens het bygedra tot betekenisvolle pogings om Namakwaland as ‘n kuns tuiste te bestempel en uit te stal.
Dit was ‘n diens met vertonings van poësie, musiek en dans ter nagedagtenis van Langdown.
Andrè Jacobs het genoem dat Langdown ‘n lewendige mens was en dat daar “gexhoubroe” word vir Dawn. “What you see is what you get,’ het Jacobs gesê.
Ds. Andre Samson het uit Psalm 107: 25-30 die bedroefde familie en vriende bemoedig, met die tema; God is daar in ons storms.
Terwyl die dansgroep van Hoërskool Okiep hul item gelewer het, was van die dansers baie emosioneel, waarvan van een van die leerders in trane gedans het.
Poësie was opgedra aan die ontslape ikoon, waarin die gemis na haar sowel as eerbied aan haar betoon was.
Juffrou Maggie Kulson het die merk wat Langdown nagelaat beklemtoon met verwysing na die vol saal en die oud-leerders wat hul laaste eer aan haar kom betoon het. Sy het ook verwys dat sy juf Dawn genoem het as “Donna D.”
Haar karakter en persoonlikheid was uniek en dinamies en sy het geweet wat sy in die lewe wil hê en wat sy wil bereik. Sy was nie altyd reg nie, maar jy moes haar oortuig om te bewys dat sy verkeerd is, haar bekende “Oortuig my,” sal gemis word op die skoolterrein van Hoërskool Okiep.
“Dawn is ‘n ikoon, sy het nie net haar merk op Hoërskool Okiep gemaak nie, maar het voorheen ‘n redelike pad geloop. Sy tree nie af nie, hulle moet my maar weg jaag, ná 65 jaar sal die departement my weer soek en sy het haar uitgeleef in wat sy gedoen het en het met soveel motivering haar klasse aangebied,” het Kulson bygevoeg.
Daar is twee goed van Dawn wat vir haar uitstaan: haar aansteeklike lag en haar liefde vir haar familie, skool en vriende.
Juf Dawn het vele kere beklemtoon dat ‘n Langdown steek nie ‘n Langdown in die skande nie, en dat hulle ook nie lui was nie.
Sy was ‘n diep mens, ‘n karakter waarop leerders en onderwysers kan opbou.
Haar werksetiket het boekdele gespreek.
Alfred Hinkel van Dance Garage het met hartseer in sy stem en trane wat vlak in sy oë gesit het, vertel van hoe wonde nog seer is. Hy onthou dit nog asof dit gister was, toe Dawn by die ou Rec Klub, wat nou as die Biblioteek bekend staan, ingestap het.Hy was besig om klas aan te bied. Wat vir hom uitgestaan het rakende haar was haar lang sterk bene. Sy het die dansklasse van haar jonger tweeling, Mark en May gaan betaal. Hinkle het aan haar genoem dat hy dans geselskap op die been wil bring, om ‘n dans samewerking te begin wat vir ‘n generasies sal voortduur. Hy het afgesluit met ‘n gedig van Maria van Gas, wat sy in die tagtiger jare geskryf het en wat as graffiti op die dansstudio van die Bo-Kaap pronk.
“Dawn was en is ‘n internasionale ster, en het in die tyd van Apartheid grense verbreek,” het Joshua Losper, raadslip op Okiep gesê. Hy het weereens beklemtoon in sy eerste heerskappy as raadslid het hul grond langs die Metodiste kerk afgesper sodat ‘n amfiteater gebou word en dat die grond nog steeds aan die kunste behoort. Daarby het hy gevoeg dat die Okiep Rec Club na Dawn vernoem word en dat prosesse onmiddellik moet begin dat haar geskiedenis teen die mure gevoel moet word. By Dawn het hy geleer van nederigheid, verneder jouself in die teenwoordigheid van mense. Ek sal nooit in Dawn se skoene kan staan nie, maar kan volg wat sy gedoen het, het Losper afgesluit.
Namjive, Dawn se dansgeselskap het die familie en vriende in “awe” gehad. Met soveel passie en emosie het die eerste dansgroep “Ek is wat ek is” opgetree.
Juffrou Jordaan, skoolhoof van Hoërskool Okiep, het Dawn leer ken as iemand wat groot drome gedroom het. Sy het vir juf Jordaan ‘n aura geskep waar sy wou sit en verwys van die band wat besonders was tussen May en Dawn.
Jufrou May sluit af deur te sê, dat sy kon sien dat Dawn se gees voortleef in Namjive en dat haar gees nog nie weg is nie.
